Isaiah 26:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat guns aan die goddelose bewys word, maar hy sal geregtigheid nie leer nie; in die land van opregtheid sal hy onreg doen en die majesteit van die HERE nie aanskou nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Uit die goedheid wat U aan die bose mense bewys, leer hulle nie wat reg is nie. Selfs waar daar reg geskied, doen hulle nog die verkeerde en steur hulle nie aan die mag van die Here nie.
Afrikaans 1933/1953 Word aan die goddelose genade bewys, dan leer hy geen geregtigheid nie; wat onreg is, doen hy in 'n land van reg, en hy sien die hoogheid van die HERE nie.
Afrikaans 1983 Daar word goed gedoen aan die goddeloses, maar hulle leer nie wat geregtigheid is nie, hulle verdraai die reg en erken nie die mag van die Here nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer genade aan goddeloses bewys word, leer hulle nie wat reg is nie. In 'n land waar opregtheid heers, pleeg hulle onreg; die verhewenheid van die Here sien hulle nie raak nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar wanneer U goed is vir die mense wat verkeerd doen, dan leer hulle nie om reg te lewe nie. Hulle hou aan om verkeerd te doen en hulle sien nie dat die Here die Koning is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As ’n mens net goed is vir iemand wat kwaad doen, leer hy nooit wat reg of verkeerd is nie. Ten spyte van ander mense se eerlikheid bly hulle oneerlik, want hulle erken nie die gesag van die Here nie.