Isaiah 26:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In dié dag sal hierdie lied gesing word in die land van Juda; Ons het 'n sterk stad; redding sal God aanstel vir mure en skanse.
Afrikaans (NLV) 2011 Daardie dag sal almal in die land van Juda hierdie lied sing: “Ons stad is nou sterk! Ons is omring deur die mure van God se redding.
Afrikaans 1933/1953 In die dag sal hierdie lied gesing word in die land Juda: 'n Sterk stad het ons; God stel heil tot mure en skanse.
Afrikaans 1983 Daar kom 'n dag wanneer hierdie lied in Juda gesing sal word: Ons het 'n sterk stad, God beskerm ons met mure, met 'n vesting.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op daardie dag sal hierdie lied gesing word in die land Juda: “Ons het 'n sterk stad; God se redding is die stadsmure en verdedigingswal.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Eendag sal die mense van Juda hierdie lied sing in hulle land. Hulle sal sê: “Ons het 'n sterk stad. Die Here het die sterk mure gebou om ons te beskerm.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In daardie tyd sal hulle hierdie lied in Juda sing: Ons stad is sterk! God self beskerm ons mure.