Isaiah 25:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daar sal in dié dag gesê word: Kyk, dit is onse God; ons het Hom gewag, en Hy sal ons verlos. Dit is die HERE; ons het op hom gewag, ons sal bly wees en juig oor sy verlossing.
Afrikaans (NLV) 2011 Daardie dag sal die mense uitroep: “Dit is ons God. Ons het op Hom vertrou, en Hy het ons gered. Dit is die Here op wie ons vertrou het. Laat ons bly wees omdat Hy ons gered het!”
Afrikaans 1933/1953 En hulle sal in die dag sê: Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is die HERE op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor sy hulp.
Afrikaans 1983 Wanneer dit gebeur, sal elkeen sê: Kyk daar, dit is ons God, ons het op Hom vertrou, Hy het ons gered. Dit is die Here! Ons het op Hom vertrou. Laat ons bly wees en juig omdat Hy ons gered het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sal op daardie dag sê: “Kyk, dit is ons God op wie ons gewag het, en Hy het ons gered; dit is die Here op wie ons gewag het! Laat ons juig en bly wees oor sy redding. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daardie dag sal die mense sê: “Kyk, ons God is hier. Ons het geglo Hy sal ons red, en Hy het dit gedoen. Hy is die Here, ons glo in Hom. Ons wil juig en vrolik wees, want Hy het ons gered.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer dit gebeur, sal almal sê: Kyk, so tree ons God op! Ons het op Hom vertrou en Hy het ons verlos. Dit is die Here op wie ons vertrou het. Kom ons jubel en juig omdat Hy ons gered het.