Isaiah 25:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sal op hierdie berg die voorhangsel vernietig wat oor al die volke gegooi is, en die sluier wat oor al die nasies uitgesprei is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daardie dag sal Hy die wolk verwyder, die skaduwee van die dood oor die nasies. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy sal op hierdie berg vernietig die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier, en die omhulsel waarmee al die nasies bedek is. |
| Afrikaans 1983 | Op hierdie berg sal Hy die doek verwyder, die doek wat oor al die volke gegooi was, waarmee al die nasies toegemaak was. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op hierdie berg sal Hy die sluier verswelg, die sluier oor al die volke, die geweefde bedekking oor al die nasies. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sal op hierdie berg die lap stukkend skeur, die lap wat al die volke toegemaak het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hier op die berg sal die Here die wolk van onheil wat oor die volke gehang het, wegvat asook die doek wat hulle oor hulle gesigte gedra het as teken van hulle rou en hartseer. |