Isaiah 25:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En op hierdie berg sal die HERE van die leërskare vir al die volke 'n maaltyd maak van vet, 'n maaltyd van wyn op die afsaksel, van vet vol murg, van goed gelouterde wyn.
Afrikaans (NLV) 2011 In Jerusalem gaan die Here die Almagtige, ’n heerlike fees voorberei vir almal oor die hele wêreld. Dit gaan ’n fees wees met goeie kos, die beste wyn en die beste vleis.
Afrikaans 1933/1953 En die HERE van die leërskare sal op hierdie berg vir al die volke berei 'n maaltyd van vetspyse, 'n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn.
Afrikaans 1983 Op hierdie berg gaan die Here die Almagtige 'n feesmaal gereed maak vir al die volke, 'n feesmaal met die beste om te eet en te drink, goeie kos en geurige wyn.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here, Heerser oor alle magte, sal op hierdie berg vir al die volke 'n feesmaal van ryk geregte voorberei, 'n feesmaal met beleë wyn, met ryk geregte vol murg, met gesuiwerde, beleë wyn.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here wat oor alles regeer, sal op hierdie berg 'n groot fees hou. Daar sal die lekkerste kos en die oudste wyn wees, vleis met murg in die bene, en skoon wyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op die berg Sion gaan die Here die Almagtige ’n feesmaal voorberei vir al die volke van die wêreld. Daar sal ’n oorvloed heerlike kos en die beste wyn wees.