Isaiah 25:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jy sal die geraas van vreemdelinge afbring soos hitte in 'n droë plek; selfs die hitte met die skaduwee van 'n wolk: die tak van die gedug word verneder.
Afrikaans (NLV) 2011 of soos sonsteek in die woestyn. Die geraas van vreemde nasies het U laat ophou. U koel die land af met die skadu van ’n wolk. So word die liedere van genadelose mense stilgemaak.
Afrikaans 1933/1953 Soos hitte in 'n dor land het U die rumoer van vreemdes gedemp, soos hitte deur die skaduwee van 'n wolk; die triomfsang van die tiranne moes verstom.
Afrikaans 1983 soos sonsteek in 'n dor land. U het die rumoer van die vyand laat ophou, die oorwinningsliedere van die trotse volk laat verdwyn soos hitte verdwyn onder die skaduwee van 'n wolk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) soos hitte in 'n dor streek. U doof die rumoer van vreemdes uit; soos hitte in die skadu van 'n wolk, word die lied van geweldenaars gedemp.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ***
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) of soos die skroeiende hitte van die son in die woestyn. U het die oorlogskrete van die vyand laat ophou en die oorwinningsliedere van die wreedaards laat verdwyn, die hitte van die son laat verdwyn.