Isaiah 25:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want U was 'n sterkte vir die armes, 'n sterkte vir die behoeftige in sy benoudheid, 'n toevlug teen die storm, 'n skaduwee teen die hitte, wanneer die geblaas van die gedugdes soos 'n storm teen die muur is.
Afrikaans (NLV) 2011 Vir die armes is U, Here, ’n toevlug in die storm. Vir die behoeftiges in nood is U ’n skuilplek teen die hitte en die stortreën. Die onderdrukkende dade van genadelose mense is soos ’n storm wat slaan teen die muur,
Afrikaans 1933/1953 Want U was 'n vesting vir die arme, 'n vesting vir die behoeftige toe hy benoud was; 'n skuilplek teen die stortreën, 'n skaduwee teen die hitte -- want die geblaas van die tiranne is soos 'n stortreën teen 'n muur.
Afrikaans 1983 want U is 'n toevlug vir die armes, 'n toevlug vir die behoeftiges in hulle nood, 'n skuilplek teen die stortbuie, 'n skaduwee teen die hitte. Die geweld van die wrede volk is soos 'n winterstorm,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, U was 'n toevlug vir armes, 'n toevlug vir behoeftiges in hulle nood, 'n skuilplek teen stortreën, 'n skaduwee teen hitte. Want die asem van geweldenaars is soos stortreën teen 'n muur,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) [4-5] want arm mense wat probleme gehad het, kon na U toe vlug. Wrede mense het ons aangeval. Hulle asem was soos 'n reën-storm in die winter, dit was soos die son wat brand in die droë woestyn. Maar U was vir die arm mense soos 'n plek waar hulle veilig was in die reën-storm. U was soos 'n skaduwee wanneer die son hulle brand. U het die wrede vyande laat ophou raas en juig, dit was soos wanneer 'n wolk 'n skaduwee maak en die son ophou brand.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U beskerm die armes, die hulpeloses kom soek by U wegkruipplek. U het vir hulle skuiling gebied teen die mag van die storm en skaduwee gegee teen die hitte van die son. Die aanval van die wrede vyand is soos ’n ysige winterstorm wat genadeloos op alles neerkom,