Isaiah 25:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want U het van 'n stad 'n hoop gemaak; van 'n verdedigde stad 'n puinhoop: 'n paleis van vreemdelinge om geen stad te wees nie; dit sal nooit gebou word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 U het ’n stad in ’n puinhoop verander. Die stad met sterk mure het ’n rommelhoop geword. Pragtige paleise in verre lande het verdwyn en word nooit weer herbou nie.
Afrikaans 1933/1953 Want U het van 'n stad 'n hoop klippe gemaak, van 'n versterkte vesting 'n puinhoop; 'n paleis van vreemdes, dat dit geen stad meer is nie; vir ewig sal dit nie herbou word nie.
Afrikaans 1983 U het die groot stad verander in puinhope, die vestingstad in ruïnes. Die vesting van die vyand is nie meer 'n stad nie, dit sal nooit herbou word nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, U het van 'n stad 'n kliphoop, van 'n versterkte stad 'n vervalle plek gemaak. Die vesting van vreemdes is nie meer 'n stad nie; dit sal nooit herbou word nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, U het die groot stad verwoes. Die stad wat die sterk mure gehad het, is nou 'n hoop klippe. Die sterk stad van die vyande is nie meer 'n stad nie, niemand sal die stad weer bou nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U het die groot stede in murasies verander en hulle versterkte mure afgebreek. Die pragtige paleise van die vyand word platgevee en sal nooit herbou word nie.