Isaiah 25:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sal die vesting van die hoë vesting van jou mure afbreek, neerlê en na die grond toe bring, tot in die stof. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die hoë mure van Moab sal Hy platslaan, hulle op die grond neergooi. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die steil versterkings van jou mure werp Hy neer, gooi Hy af, laat Hy kom tot op die grond, tot in die stof. |
| Afrikaans 1983 | Hy sal Moab se vestings, hulle hoë mure, laat omval, Hy sal hulle plat op die grond neergooi. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die versterkte stad, die toevlugsoord van jou stadsmure, laat Hy tuimel, haal Hy neer, gooi Hy neer op die grond, tot in die stof. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moabiete, die Here sal die sterk mure van julle stad omgooi, die mure sal op die grond val en dit sal in die stof lê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy sal Moab se sterk mure gelyk met die grond afbreek. |