Isaiah 25:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want op hierdie berg sal die hand van die HERE rus, en Moab sal onder hom vertrap word, soos strooi vertrap word vir die mishoop.
Afrikaans (NLV) 2011 Want die Here se goeie hand sal rus op Jerusalem. Moab sal vernietig word soos strooi wat vertrap is op die mishoop.
Afrikaans 1933/1953 Want die hand van die HERE sal rus op hierdie berg; maar Moab sal vertrap word op sy plek soos strooi vertrap word in die water van 'n miskuil.
Afrikaans 1983 Die mag van die Here sal op hierdie berg geopenbaar word: Hy sal Moab aan die voet daarvan vertrap soos stoppels op 'n mishoop vertrap word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, die hand van die Here rus op hierdie berg; maar Moab word daar waar hy is, vertrap, soos strooi vertrap word in 'n mishoop.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, die hand van die Here sal hierdie berg beskerm. Maar Hy sal op die Moabiete trap totdat hulle plat is daar waar hulle is, soos 'n mens 'n hoop kaf plat trap in water in 'n gat waar hulle die mis weggooi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mag van die Here sal hier op die berg Sion bewys word wanneer Moab aan die voet van die berg vertrap word soos stoppels strooi deur die beeste in die mis ingetrap word.