Isaiah 25:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O HERE, U is my God; Ek wil U verhoog, U Naam loof; want jy het wonderlike dinge gedoen; u raad van ouds is getrouheid en waarheid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Here, ek eer en prys u Naam, want U is my God. U doen wonderlike dinge! U het dit lankal beplan, en nou het U dit uitgevoer. |
| Afrikaans 1933/1953 | HERE, U is my God! U sal ek verhoog; u Naam sal ek loof; want U het wonders gedoen, raadsbesluite uit ver tye, waarheid en trou. |
| Afrikaans 1983 | Here, U is my God! Ek wil U prys en u Naam loof! U het wonders gedoen; dinge wat U lankal besluit het, het U volgens plan uitgevoer. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Here, U is my God. Ek verheerlik U, ek prys u Naam; want U het wonders gedoen – planne uit die verre verlede bestendig en betroubaar uitgevoer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U is my God, ek sal U loof en u Naam prys, want U het 'n wonderwerk gedoen, U het gedoen wat U lank gelede besluit het. U het dit besluit en U het dit gedoen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, U is my God! Ek wil U prys en u Naam grootmaak. U het asemrowende dinge gedoen; die dinge wat U lank gelede reeds beplan het, het U stiptelik en volgens u woord uitgevoer. |