Isaiah 24:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook is die aarde verontreinig onder sy bewoners; omdat hulle die wette oortree het, die verordening verander het, die ewige verbond verbreek het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die aarde ly ter wille van die sonde van sy mense, want hulle het God se opdragte verontagsaam, sy voorskrifte verdraai, sy ewige verbond verbreek.
Afrikaans 1933/1953 Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek.
Afrikaans 1983 want die aarde is verontreinig deur sy inwoners: hulle was ongehoorsaam aan die wet van die Here, hulle het sy voorskrifte geminag, sy vaste verbond verbreek;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die aarde lê besoedel onder sy inwoners: Hulle het wette oortree, vaste voorskrifte die rug toegekeer, 'n ewige verbond verbreek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense in die land het die land ontwy, want hulle het nie gedoen wat die Here wil hê nie. Hulle het die verbond gebreek wat vir altyd moes aanhou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) want die aarde is deur sy inwoners verwoes. Hulle het God se woord verwerp, sy opdragte geïgnoreer en sy ooreenkoms verbreek wat vir altyd moes geld.