Isaiah 24:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan sal die maan beskaamd staan en die son beskaamd staan, wanneer die HERE van die leërskare op die berg Sion en in Jerusalem en heerlik sal regeer voor sy oudstes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die maan sal dof word en die son sy gesig wegsteek, want die Here, die Almagtige, is Koning op Sionsberg in Jerusalem en sy heerlikheid skyn op die leiers van sy volk. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die maan sal rooi word van skaamte, en die son sal skaam wees; want die HERE van die leërskare sal regeer op die berg Sion en in Jerusalem, en voor sy oudstes sal daar heerlikheid wees. |
| Afrikaans 1983 | Die volmaan sal dof word wanneer die Here die Almagtige op Sionsberg en in Jerusalem as Koning sal heers en sy mag laat blyk voor die leiers van sy volk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die volmaan sal verleë wees, die helder son sal beskaamd staan. Want die Here, Heerser oor alle magte, regeer op die berg Sion en in Jerusalem, en voor sy oudstes in heerlikheid. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die maan en die son sal ophou skyn wanneer die Here koning word op Sionsberg en in Jerusalem. Hy sal vir die leiers wys Hy is die Koning. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dan sal die Here die Almagtige sy troon op die berg Sion in Jerusalem bestyg en in mag en heerlikheid regeer. Al die leiers van die wêreld sal dit sien. Sy mag en heerlikheid sal so geweldig wees dat dit die son en die maan dof sal laat lyk. |