Isaiah 24:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die aarde sal heen en weer swaai soos 'n dronkaard, en soos 'n kothuis sal dit wankel; en sy oortreding sal swaar op hom wees; en dit sal val en nie weer opstaan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die aarde slinger soos ’n dronk mens. Dit ruk soos ’n tent in ’n storm. Dit val en staan nie weer op nie, want sy sonde is baie groot. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die aarde waggel geheel en al soos 'n dronkaard en swaai heen en weer soos 'n naghut; en sy oortreding is swaar op hom; en hy sal val en nie weer opstaan nie. |
| Afrikaans 1983 | Die aarde sal slinger soos 'n dronk mens, heen en weer wieg soos 'n biesieskerm. Die aarde se oortredinge rus swaar op hom, hy sal val en nie weer opstaan nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Onvas steier die aarde soos 'n dronke, ruk heen en weer soos 'n takskerm. Sy oortreding rus swaar op hom; hy val en staan nie weer op nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | die aarde sal loop soos 'n dronk mens. Dit sal maklik breek, soos 'n huisie van takke wat iemand gebou het om net een nag daar te slaap. Die sonde van die aarde sal te swaar wees om te dra. Die aarde sal val en nie weer opstaan nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die aarde sal steier en struikel soos ’n dronk mens en heen en weer geslinger word in die wind soos ’n tent in ’n storm. Die wêreld se skuld is so swaar dat dit hom platdruk. As hy val, sal hy nie weer kan opstaan nie. |