Isaiah 24:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit moet wees soos met die volk, so met die priester; soos met die dienskneg, so met sy heer; soos met die diensmeisie, so met haar meesteres; soos met die koper, so met die verkoper; soos met die lener, so met die lener; soos met die rentenemer, so met die gewer van rente aan hom.
Afrikaans (NLV) 2011 Priesters en gewone mense, slaaf en eienaar, slavin en meesteres, koper en verkoper, lener en uitlener, bankier en skuldenaar — niemand word gespaar nie.
Afrikaans 1933/1953 Dieselfde lot tref die volk en die priester, die slaaf en sy heer, die slavin en haar meesteres, die koper en die verkoper, die uitlener en die lener, die skuldeiser en die skuldenaar.
Afrikaans 1983 Dieselfde lot gaan almal tref: priester en volk, slaaf en besitter, slavin en eienares, koper en verkoper, uitlener en lener, skuldeiser en skuldenaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit sal met priesters gaan soos met die volk, met hulle eienaars soos met slawe, met hulle eienaresse soos met slavinne, met verkopers soos met kopers, met leners soos met uitleners, met skuldenaars soos met geldskieters.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit sal met al die mense gaan soos met die priesters, dit sal met die slawe en slavinne gaan soos met hulle eienaars. Dit sal met die mense wat goed verkoop, gaan soos met die mense wat goed koop. Dit sal met die mense wat geld geleen het, gaan soos met die mense wat geld vir ander mense geleen het. Dit sal met die mense wat geld skuld, gaan soos met die mense vir wie hulle geld skuld.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dieselfde lot gaan almal tref: die priesters en die volk, huisbediendes en hulle eienaars, lyfbediendes en hulle eienaresse, kopers en verkopers, mense wat geld uitleen en dié wat by hulle geld leen, bankiers en hulle debiteure.