Isaiah 24:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit sal gebeur dat hy wat vlug vir die geraas van die vrees, in die put val; en hy wat uit die kuil opklim, sal in die strik gevang word, want die vensters van bo is oop, en die fondamente van die aarde bewe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wie van angs wegvlug, sal in die vangnette beland. Wie uit die vangnette klim, sal op ’n valstrik trap. Vernietiging val op julle uit die hemel. Die aarde skud onder julle. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy wat vlug vir die skrikgeroep, val in die kuil; en hy wat uit die kuil uitklim, word in die strik gevang. Want die sluise uit die hoogte het oopgegaan, en die fondamente van die aarde bewe. |
| Afrikaans 1983 | Wie van die gevaar af probeer wegkom, beland in die vanggate, wie uit die vanggate probeer uitklim, word in die strik gevang. Strome water sal uit die hemel val, die fondamente van die aarde sal skud |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie vlug vir die geluid van verskrikking, val in die vanggat; wie uitklim uit die vanggat, word gevang in die vangnet. Want vensters in die hemel is oopgemaak, die fondamente van die aarde bewe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer een van julle bang word en vlug omdat die vyande raas, dan sal hy in die vang-gat val, en wanneer hy uit die gat klim, dan sal hulle hom met 'n vangnet vang. Ja, en dit sal baie reën, en die aarde sal bewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dié wat van die gevaar af probeer weghardloop, beland in ’n slaggat en dié wat uit die slaggate wegkom, word in ’n strik gevang. As die wolkbreuke en die aardbewings losbars, |