Isaiah 24:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Van die einde van die aarde af het ons liedere gehoor, eer aan die regverdiges. Maar ek het gesê: My maerheid, my maerheid, wee my! die verraderlike handelaars het verraderlik gehandel; ja, die verraderlike handelaars het baie verraderlik gehandel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vanaf die eindes van die aarde hoor ons hulle sing: “Eer aan die Regverdige!” Maar ek kwyn weg, ja, ek kwyn weg! Verraaiers laat my in die steek. Die handelaars bedrieg my. |
| Afrikaans 1933/1953 | Van die einde van die aarde af hoor ons lofgesange: Glorie aan die regverdige! Maar ek sê: Ek teer weg, ek teer weg, wee my! Die ontroues handel troueloos, en in troueloosheid handel die ontroues troueloos. |
| Afrikaans 1983 | Van die uithoeke van die aarde af hoor ons liedere waarin die groot mag van die Regverdige besing word. Maar ék sê: Ek kwyn weg, ek kwyn weg, dit is klaar met my. Die ontroues handel troueloos, troueloos handel hulle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Van die uithoeke van die aarde af hoor ons liedere – 'n sieraad vir die Regverdige. Maar ek sê: “Dit is klaar met my! Dit is klaar met my! Wee my!” Verraderlike mense is ontrou; verraderlike mense pleeg verraad. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons sal hoor die mense sing oral op die aarde. Ons sal hoor hulle prys die Regverdige God. Maar ek, die profeet, sê dit gaan sleg met my, baie sleg. Die mense verraai mekaar, hulle hou nie op om mekaar te verraai nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van die uithoeke van die aarde af hoor ons liedere om die regverdige God se mag te besing. Maar my gemoed is swaar. Ek is ontnugter, want oral is bedrog aan die orde van die dag en oneerlikheid kraai koning. |