Isaiah 24:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom, verheerlik julle die HERE in die vure, die Naam van die HERE, die God van Israel, in die eilande van die see. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | In die ooste moet hulle die Here eer. Die Here se Naam, die God van Israel, moet in die kuslande geprys word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom, eer die HERE in die lande van die son, op die kuslande van die see die Naam van die HERE, die God van Israel! |
| Afrikaans 1983 | Dié in die ooste moet die Here eer; hulle wat op die eilande van die see woon, moet die Naam van die Here die God van Israel prys. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarom, vereer die Here in die land van die môrelig! Vereer in die eilande van die weste die Naam van die Here, die God van Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom sal die mense in die ooste ook die Here eer, die mense in die lande by die see sal die Naam van die Here prys, die Here, die God van Israel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In die ooste vereer hulle Hom. Selfs die mense wat langs die kus bly, loof die Naam van die Here, die God van Israel. |