Isaiah 24:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle sal hul stem verhef, hulle sal sing oor die majesteit van die HERE, hulle sal hard roep van die see af.
Afrikaans (NLV) 2011 Almal wat oorbly, sal roep en sing van vreugde. In die weste sal hulle die Here prys.
Afrikaans 1933/1953 Hulle daar hef hul stem op, hulle jubel; vanweë die majesteit van die HERE juig hulle van die see af:
Afrikaans 1983 Die mense wat oorbly, sal juig, hulle sal die mag van die Here besing, van die weste af sal hulle Hom prys.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit is hulle wat hardop sal jubel. Oor die verhewenheid van die Here sal hulle uitroep uit die weste.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat oorgebly het, sal begin sing, die mense in die weste sal juig omdat die Here Koning is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar dié wat gespaar gebly het, sal jubel en juig van blydskap. In die weste sal hulle die Here se grootheid besing.