Isaiah 24:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wanneer dit so is in die middel van die land onder die volk, sal daar wees soos die bewing van 'n olyfboom en soos die afoes van druiwe as die oes klaar is.
Afrikaans (NLV) 2011 Deur die hele land lyk dit dieselfde — soos die olywe wat agterbly op ’n boom of die enkele druiwe wat ná die oes oorbly.
Afrikaans 1933/1953 Want so sal dit wees op die aarde, onder die volke, soos by die afslaan van die olywe, soos by die na-oes as die druiwe-oes verby is.
Afrikaans 1983 Dit sal so kaal wees op die aarde en onder die volke soos wanneer die olywe afgeslaan en die laaste druiwe van die wingerde afgeoes is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, so sal dit midde-in die land tussen die volke wees – soos met die afslaan van olywe, soos met oesreste as die druiweoes verby is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, so sal dit wees tussen die volke op die aarde: Die volke sal min wees. Hulle sal so min wees soos die paar trossies druiwe wat oorbly wanneer mense klaar druiwe gepluk het of soos die paar olywe wat oorbly wanneer die mense klaar olywe afgeslaan het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is wat met elke nasie op die aarde sal gebeur. Dit sal lyk soos na die oes as al die olyfbome en wingerde kaal gestroop is van hulle vrugte en net die kaal takke oorbly.