Isaiah 24:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daar is 'n geskreeu om wyn op die strate; alle vreugde is verduister, die vrolikheid van die land is weg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die mense roep in die strate vir wyn. Alle vreugde het verdwyn. Vrolikheid is uit die land verban. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daar is 'n gejammer oor wyn op die strate; al die vrolikheid het ondergegaan, die vreugde van die aarde is verban. |
| Afrikaans 1983 | In die strate sal mense kerm om wyn, die gejuig sal verdwyn, op die aarde sal daar geen vreugde meer wees nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar is 'n gejammer oor wyn in die strate; alle blydskap het weggesink, verban is die vreugde van die land. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Op die strate sal die mense huil omdat daar nie wyn is nie. Niemand sal vrolik wees nie, niemand op die aarde sal vrolik wees nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense loop in die strate en kerm vir wyn om te drink. Niemand is meer vrolik of opgeruimd nie, alle blydskap is weg. |