Isaiah 23:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die HERE van die leërskare het dit voorgeneem om die trots van alle heerlikheid te bevlek en om al die eerbares van die aarde in veragting te bring.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here, die Almagtige, het besluit om jou trots te vernietig en alle menslike arrogansie te verneder.
Afrikaans 1933/1953 Die HERE van die leërskare het dit besluit, om te ontheilig al die pralende trots, om die edeles van die aarde in veragting te bring.
Afrikaans 1983 Die Here die Almagtige het dit besluit. Hy breek die trots, Hy maak die hoogmoed tot niks, Hy verneder dié wat oor die hele aarde geëer word!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here, Heerser oor alle magte, het so besluit – om die hoogmoed van al die hoëlui te knou, om al die geëerdes van die wêreld met minagting te behandel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here wat oor alles regeer, Hý het dit besluit. Hy het besluit om hoogmoedige mense te straf,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is die Here die Almagtige wat dit gedoen het om hulle hoogmoed oor hulle prestasies te breek en om sy ongelukkigheid met hulle vername handelaars en hulle verwaandheid te wys.