Isaiah 23:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie het hierdie raad geneem teen Tirus, die kroonstad, wie se handelaars vorste is, wie se handelaars die eerbares van die aarde is? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wie het hierdie ramp oor Tirus gebring? Tirus wat konings gekroon het, wie se handelaars soos prinse ontvang is, en wie se sakelui geëer is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie het dit besluit oor Tirus, die uitdeler van krone, wie se koopmans vorste, wie se handelaars die edeles van die aarde was? |
| Afrikaans 1983 | Wie het die besluit geneem oor die ondergang van Tirus, Tirus wat krone vir konings uitgedeel het, wie se handelaars soos prinse ontvang is, wie se sakelui die meeste op die aarde geëer is? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie het so teen Tirus besluit, sy wat krone uitdeel, wie se handelaars •hoë amptenare is, wie se handelslui die geëerdes van die wêreld is? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wie het besluit dit moet met Tirus gebeur? Tirus het konings gekies en aangestel om te regeer. Tirus se handelaars was prinse, hulle was die belangrikste mense op die aarde.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie het hierdie ramp oor Tirus gebring? Tirus het tog koninkryke opgebou, sy handelaars is soos prinse behandel, hulle was van die mees gerespekteerde mense in die wêreld. |