Isaiah 23:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Skaam jy jou, Sidon, want die see het gespreek, die sterkte van die see, en gesê: Ek baar nie en baar geen kinders nie, en ek voed geen jongmanne op en bring geen maagde groot nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Kry skaam, stad van Sidon, seevesting. Want die see sê: “Nou is ek kinderloos. Ek het nie seuns of dogters nie.”
Afrikaans 1933/1953 Staan beskaamd, Sidon, want die see, die vesting van die see, spreek en sê: Ek het geen weë gehad en nie gebaar nie, en ek het geen jongmanne grootgemaak of jongedogters opgevoed nie.
Afrikaans 1983 Laat sak jou kop in skaamte, Sidon, want die see, die vestingstad van die see, sê: “Ek het nooit geboortepyne gehad nie, ek het nie kinders in die wêreld gebring nie; ek het nie jongmanne grootgemaak, dogters opgevoed nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Skaam jou, Sidon! Want, toevlugsoord van die see, die see sê: “Ek het nie ineengekrimp, nie geboorte gegee nie; ek het nie jong manne grootgemaak, nie jong meisies opgevoed nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense van Sidon, julle weet nie wat om te doen nie, want die stad wat sterk mure het, die stad by die see, het gepraat en gesê: “Ek het nooit kinders gekry nie, ek het nie jongmans en dogters grootgemaak nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Laat sak jou kop in skaamte, Sidon, jy wat ’n groot hawestad was. Nou is jy die een wat sê: “Ek het nooit kinders, seuns of dogters, in die wêreld gebring of grootgemaak nie.”