Isaiah 23:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En by groot waters is die saad van Sihor, die oes van die rivier, sy inkomste; en sy is 'n mart van nasies. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Oor groot waters het hulle graan van Egipte af gebring, die oes van die Nyl om handel te dryf. Jy was die volke se markplein. |
| Afrikaans 1933/1953 | En op groot waters is die saad van Sigor, die oes van die Nyl, in hom ingebring; en so het hy 'n handelswins vir die nasies geword. |
| Afrikaans 1983 | Oor die groot waters word die graan van die Sigor, die oes van die Nyl, na Tirus toe gebring; daarmee dryf die nasies handel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Met die groot waters langs was die saad van Sigor, ja, die oes van die Nyl, haar inkomste – dit was wins uit die nasies. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het uit Egipte koring oor die see na Tirus gebring en hulle het dit aan baie volke verkoop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het graan uit Egipte uit ingevoer van die vrugbare Nylgebied af en dit dan weer aan die ander nasies teen ’n wins verkoop. |