Isaiah 23:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wees stil, julle inwoners van die eiland! jy vir wie die handelaars van Sidon wat oor die see trek, gevul het.
Afrikaans (NLV) 2011 Huil in stilte, mense van die kus en handelaars van Sidon. Julle gesante het oor die see gereis.
Afrikaans 1933/1953 Staan verstom, inwoners van die kusland! Die koopmans van Sidon wat oor die see vaar, het jou vroeër gevul.
Afrikaans 1983 Julle moet stil wees, inwoners van die eiland, julle wat handel dryf met Sidon, julle wie se rykdom oor die see aankom!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wees stil, bewoners van die eiland! Handelaars van Sidon wat die see oorsteek, het jou, Tirus, gevul.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle wat langs die see woon, julle moet stil wees. Die handelaars van Sidon het julle ryk gemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sidon se kusbewoners en handelaars is stomgeslaan van die skok. Hulle het verteenwoordigers in alle rigtings oor die see gestuur om handel te dryf.