Isaiah 23:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En haar koopware en haar loon sal heilig wees aan die HERE; dit mag nie bewaar of weggebêre word nie; want haar koopware sal wees vir die wat voor die aangesig van die HERE woon, om genoeg te eet en vir duursame klere.
Afrikaans (NLV) 2011 Tog sal die stad se wins en inkomste aan die Here gewy word. Haar rykdom sal gebruik word om goeie kos en mooi klere te verskaf vir die Here se priesters.
Afrikaans 1933/1953 Maar haar handelswins en haar hoereloon sal aan die HERE heilig wees; dit sal nie opgehoop of weggesit word nie; maar haar wins sal wees vir die wat voor die aangesig van die HERE woon, om te eet tot versadiging en vir pragtige klere.
Afrikaans 1983 Sy wins en verdienste sal vir die Here afgesonder word, dit sal nie opgegaar of gebêre word nie, want sy wins sal bestem wees vir dié wat in die diens van die Here is, om vir hulle volop kos en mooi klere te koop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Haar handelswins en hoereloon sal aan die Here gewy wees. Dit sal nie opgegaar of weggesit word nie, maar aan hulle wat in die teenwoordigheid van die Here woon, sal haar wins behoort, sodat hulle genoeg kan eet en pragtig geklee kan gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) maar hulle sal nie hulle geld in die stad bêre nie. Die geld sal aan die Here behoort, en die mense wat die Here dien, sal vir hulleself genoeg kos en mooi klere kan koop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar hierdie keer sal al die handelswinste vir die Here gegee word. Dit sal nie weer opgegaar en gebêre word nie. Uit hierdie winste sal kos en klere gekoop word vir die mense wat die Here dien en aanbid.