Isaiah 23:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En aan die einde van sewentig jaar sal die HERE Tirus besoek, en sy sal haar tot haar loon bekeer en met al die koninkryke van die wêreld op die aarde hoereer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Na 70 jaar sal die Here Tirus opwek. Maar die stad sal weer ’n prostituut word vir al die koninkryke van die wêreld. |
| Afrikaans 1933/1953 | En aan die einde van sewentig jaar sal die HERE op Tirus ag gee, en sy sal terugkeer na haar hoereloon en hoereer met al die koninkryke van die aarde wat op die aardbodem is. |
| Afrikaans 1983 | Na sewentig jaar sal die Here vir Tirus herstel. Die stad sal weer handel dryf, hy sal weer met al die koninkryke van die aarde sake doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ná verloop van sewentig jaar sal die Here aan Tirus aandag gee. Sy sal terugkeer na haar hoereloon, sy sal hoereer met al die koninkryke van die wêreld oor die oppervlakte van die aarde heen. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer die 70 jaar verby is, dan sal die Here weer vir Tirus sorg. Die mense van die stad sal weer dinge koop en verkoop by al die volke van die wêreld, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Na die 70 jaar om is, sal die Here Tirus weer laat herleef. En die stad sal weer handel dryf soos voorheen en weer sakevennote oor die hele wêreld hê. |