Isaiah 23:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Neem 'n siter, gaan rond in die stad, vergete hoer; maak lieflike melodieë, sing baie liedere, sodat aan jou gedink kan word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Vat jou lier, stap deur die stad, prostituut wat vergete was! Speel mooi, lied na lied sodat hulle jou weer sal onthou!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Neem die siter, gaan rond in die stad, vergete hoer! Speel mooi, sing baie, dat hulle aan jou kan dink. |
| Afrikaans 1983 | “Vat jou lier, stap deur die stad, vergete prostituut! Speel mooi, sing baie liedjies sodat hulle weer aan jou kan dink!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Neem 'n lier, deurkruis die stad, vergete prostituut; bespeel dit goed, sing baie liedjies, sodat jy onthou word!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense het jou vergeet, slegte vrou. Neem jou lier en loop deur die stad, speel mooi op die lier en sing baie, dan sal die mense weer weet dat jy daar is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Vat jou harp en stap deur die stad, jou arme vergete prostituut! Sing en speel mooi liedjies sodat die mans jou weer kan onthou.” |