Isaiah 23:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En in dié dag sal Tirus sewentig jaar vergeet word, volgens die dae van een koning; ná die einde van sewentig jaar sal Tirus soos 'n hoer sing. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vir 70 jaar lank, so lank as wat ’n koning leef, sal Tirus vergete bly lê. As die 70 jaar verby is, sal Tirus soos die prostituut sing: |
| Afrikaans 1933/1953 | En in die dag sal Tirus vergeet word, sewentig jaar lank, soos die dae van een koning. Aan die einde van sewentig jaar sal dit met Tirus gaan volgens die hoerelied: |
| Afrikaans 1983 | In daardie tyd sal Tirus sewentig jaar lank vergete lê, die leeftyd van 'n koning. Aan die einde van die sewentig jaar sal dit met Tirus gaan soos in die lied oor die prostituut: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Op daardie dag sal Tirus vergete raak, sewentig jaar lank, soos die lewensdae van een koning. Aan die einde van sewentig jaar sal dit met Tirus gaan soos in die lied oor die prostituut: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In daardie tyd sal die mense vir Tirus 70 jaar lank vergeet. Dit is so lank soos 'n koning lewe. En wanneer die 70 jaar verby is, dan sal Tirus wees soos die slegte vrou van wie hulle in die lied sing. Die woorde van die lied is: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vir 70 jaar, die leeftyd van ’n koning, sal Tirus vergete lê. Na hierdie tyd sal dit met Tirus gaan soos die lied oor die prostituut sê: |