Isaiah 23:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar is die land van die Chaldeërs; hierdie volk was nie, totdat Assirië dit gegrond het vir die wat in die woestyn woon; hulle het sy torings opgerig, sy paleise opgerig; en hy het dit verwoes.
Afrikaans (NLV) 2011 Kyk na die Galdeërs se land — die mense van daardie land is weg! Die Assiriërs het Babilon vir die wilde diere gegee. Hulle het stormramme daarteen opgerig, die paleise afgebreek, alles in ’n puinhoop verander.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, die land van die Chaldeërs -- dit is die volk wat tot niet gegaan het: Assur het dit bestem vir die woestyndiere, het sy wagtorings daarteen opgerig, het die paleise daarvan verwoes, het dit 'n puinhoop gemaak.
Afrikaans 1983 Kyk na die Galdeërs se land, sy volk bestaan nie meer nie: hulle land is deur die Assiriërs 'n woonplek vir woestyndiere gemaak, die Assiriërs het stormramme daarteen opgerig en die paleise platgestamp, dit 'n puinhoop gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, die land van die Galdeërs – dié volk bestaan nie meer nie. Assirië het dit vir woestyndiere bestem: Hulle het beleëringstorings opgerig; hulle het die land se vestings gesloop, dit 'n bouval gemaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Kyk wat het gebeur met die mense van Babel, hulle is nie meer 'n volk nie. Die Assiriërs het oorlog gemaak teen die stad en hulle het die mooi huise verwoes. Babel is nou net 'n hoop grond, 'n plek waar woestyn-diere woon.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is die Babiloniërs wat Tirus gaan vernietig en nie die Assiriërs nie. Hulle sal vestingwalle bou om oor die stad se mure te klim en al die paleise daarin afbreek sodat die stad soos ’n puinhoop sal lyk. Die enigste inwoners wat sal oorbly, is die woestyndiere wat tussen die puin sal loop en snuffel.