Isaiah 23:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het sy hand oor die see uitgesteek, die koninkryke geskud; die HERE het 'n bevel gegee aan die koopmanstad om sy vestings te vernietig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here hou sy hand oor die see. Hy skud die koninkryke van die aarde. Hy beveel: Kanaän se vestingstede moet vernietig word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het sy hand uitgestrek oor die see, koninkryke laat sidder! Die HERE het bevel gegee met betrekking tot Kanaän, dat sy vestings verwoes moet word. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het sy hand oor die see uitgesteek en Hy skud die koninkryke. Hy het bevel gegee om Fenisië se vestingstede te vernietig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy hand het Hy oor die see uitgestrek; Hy het koninkryke laat bewe. Die Here self het 'n opdrag gegee oor Kanaän – dat sy vestings verdelg moet word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer die Here sy hand uitsteek oor die see, dan bewe die konings en hulle mense. Die Here het gesê die vyande moet die stede verwoes in die land van die Fenisiërs, die stede wat sterk mure het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het sy hand oor die see uitgesteek om die koninkryke van die aarde te skud. Hy het die opdrag gegee dat die handelstede van die Fenisiërs verwoes moet word. |