Isaiah 23:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die las van Tirus. Huil, skepe van Tarsis! want dit is verwoes, sodat daar geen huis is, geen ingang nie; uit die land Kittim is dit aan hulle geopenbaar. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hierdie boodskap het oor Tirus na my toe gekom: Huil, skepe van Tarsis, want Tirus is vernietig. Daar is geen huis of hawe oor. Alles is weg! Wat julle in Siprus gehoor het, is waar. |
| Afrikaans 1933/1953 | Godspraak oor Tirus. Huil, skepe van Tarsis! want dit is verwoes, sodat daar geen huis, geen terugkeer meer is nie. Uit die land van die Kittiërs het dit aan hulle openbaar geword. |
| Afrikaans 1983 | 'n Uitspraak van die Here teen Tirus: Huil, bemannings van die skepe wat op pad is na Tarsis toe, want julle moederstad is verwoes. Julle het dit gehoor toe julle van Kittiërland af gekom het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Profesie oor Tirus. Weeklaag, handelskepe! Want dit is verwoes, sonder huise, sonder toegang. In die land van die Kittiërs is aan hulle berig gebring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here was kwaad vir die mense van die stad Tirus en Hy het teen hulle gepraat. Manne op die skepe van Tarsis, julle moet huil, want Tirus is verwoes. Daar is nie meer huise nie en daar is nie meer 'n hawe vir die skepe nie. Julle het dit gehoor toe julle teruggekom het uit Kittiër-land. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here se boodskap om Tirus se straf aan te kondig: Huil, matrose van Tarsis wat van die ver lande af op pad is terug huis toe, want Tirus, julle veilige hawe, is verwoes. Die gerugte wat julle in Siprus gehoor het, is waar. |