Isaiah 22:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En julle het die skeure van die stad van Dawid gesien, dat hulle baie is; en julle het die waters van die onderste dam bymekaargemaak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle sien die mure van Jerusalem moet herstel word. Julle gaar water op in die onderste poel. |
| Afrikaans 1933/1953 | en julle sien die skeure van die stad van Dawid, dat hulle baie is, en julle vang die waters van die Onderste Dam op. |
| Afrikaans 1983 | julle sal sien hoe baie gate daar is in die mure van die Dawidstad en julle sal die water van die onderste kanaal opdam, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die bresse in die mure by die Stad van Dawid sien julle raak – dat dit baie is. Julle gaar die water van die onderste dam op; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hulle het gesien daar is baie gate in die muur van Jerusalem, die stad van Dawid. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle het gesien op hoeveel plekke die muur van die Dawidstad reeds deurgebreek is en besef dat julle die water in die onderste dam moet opgaar. |