Isaiah 22:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die bedekking van Juda ontdek, en jy het daardie dag na die wapenrusting van die huis van die woud gekyk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Alles wat jou beskerm het, word afgebreek. Julle hardloop wapenkamer toe om wapens te kry. |
| Afrikaans 1933/1953 | en die beskutting van Juda word weggeneem. En in die dag kyk jy na die wapens in die Huis van die Bos, |
| Afrikaans 1983 | sy vestingmure sal afgebreek word. Dan sal julle gryp na die wapens in die Paleis van die Bos, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die beskutting van Juda is verwyder. Op dié dag kyk jy met vertroue, stad, na die wapenrusting in die Saal van die Bos. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vyande het Juda maklik aangeval. Daardie dag het die mense in Jerusalem gekyk hoeveel wapens in die houthuis is, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van hulle verdedigingslinies het daar niks oorgebly nie. Toe het julle skielik na julle wapens gaan soek in die magasyn. |