Isaiah 22:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Elam het die pylkoker gedra met strydwaens van manne en ruiters, en Kir het die skild ontbloot. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Elamiete is boogskutters wat met strydwaens kom. Die mense van Kir hou hulle skilde omhoog. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Elam het die pylkoker geneem, met waens, manskappe, ruiters; en Kir het die skild ontbloot. |
| Afrikaans 1983 | Elam kom met pyl en boog, hulle ry op strydwaens en perde, Kir maak sy oorlogswapens gereed. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Elam het pylkokers opgeneem – met 'n troepemag, met perde. Kir ontbloot skilde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Elamiete het gekom met pyl en boog, hulle het op oorlogkarre gery, perde het die oorlogkarre getrek. Die mense van die land Kir het hulle skilde gereedgehou om oorlog te maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die boogskutters van Elam kom aangestorm op perde en strydwaens. Die soldate van Kir het reeds hulle swaarde en skilde gereed vir die geveg. |