Isaiah 22:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want dit is 'n dag van benoudheid en van vertrapping en van verwarring deur die HERE HERE van die leërskare in die dal van gesig, die afbreek van die mure en van geroep na die berge.
Afrikaans (NLV) 2011 Die oppermagtige Here, die almagtige, bring moeilikheid en verwarring oor die plek waar visioene gesien word, op ’n dag wanneer die stadsmure afgebreek word. Daardie dag sal die mense na die berge roep vir hulp.
Afrikaans 1933/1953 want dit is 'n dag van rumoer en vertrapping en verwarring deur die Here, die HERE van die leërskare, in die dal van die gesig -- omgooi van mure en geskreeu na die gebergte toe!
Afrikaans 1983 Die Here my God, die Almagtige, bring oor die plek waar visioene gesien word 'n dag waarop Hy die plek in beroering sal bring, waarop Hy dit sal vertrap en vernietig, die stadsmure sal afbreek. Sy inwoners sal na die berg toe roep om hulp.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want 'n dag van paniek, van vertrapping en verwarring in die Dal van Visioene, is gereed by die Here, Heerser oor alle magte. 'n Geskreeu klink op – hulpkrete na die berg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het dit laat gebeur, die Here wat oor alles regeer. Die mense in die stad het heen en weer gehardloop, hulle het nie geweet waarnatoe hulle kan gaan nie, die vyande het alles plat getrap en hulle het die mure afgebreek. Die mense het gevra dat die Here hulle moet help, die Here wat woon in sy tempel op die berg, hier by die vallei waar die Here vir die profete gewys het wat sal gebeur.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat ’n dag van paniek en verwarring het die Here die Almagtige oor die Vallei van die Visioen gebring. Die mure van Jerusalem is afgebreek, die noodkrete van die mense eggo van die berge af.