Isaiah 22:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom het ek gesê: Kyk weg van my af; Ek sal bitterlik ween, nie arbei om my te troos nie, oor die plundering van die dogter van my volk.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom het ek gesê: “Los my alleen dat ek kan huil. Moenie my probeer troos nie. Laat my huil oor my volk wat vernietig word.”
Afrikaans 1933/1953 Daarom sê ek: Kyk weg van my af, dat ek bitterlik kan ween; dring nie aan om my te troos oor die verwoesting van die dogter van my volk nie;
Afrikaans 1983 Daarom het ek gesê: “Gee pad van my af. Ek is hartseer, moet my nie probeer troos oor die ramp wat my volk getref het nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom het ek gesê: “Kyk weg van my – ek huil bitterlik. Moenie daarop aandring om my te probeer troos oor die verwoesting van die dogter van my volk nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom het ek gesê: “Moenie na my kyk nie, ek wil huil. Die vyande het slegte dinge gedoen aan my volk, maar moenie probeer om my te troos nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe ek dit sien, het ek gesê: “Los my uit! Moenie my probeer troos nie. Los my dat ek kan huil oor my volk se ondergang!”