Isaiah 22:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Al jou owerstes het saam gevlug, hulle is gebind deur die boogskutters; almal wat in jou gevind word, is saamgebind, wat van ver af gevlug het.
Afrikaans (NLV) 2011 Al jou leiers het saam weggehardloop. Hulle het oorgegee sonder om weerstand te bied. Die mense probeer wegkom, maar hulle word ook gevang.
Afrikaans 1933/1953 Al jou owerstes het almal saam gevlug, sonder boog is hulle gebind; almal wat in jou gegryp is, is almal saam gebind; hulle het ver weggevlug.
Afrikaans 1983 Al jou leiers het soos een man op die vlug geslaan, hulle is gevang sonder dat 'n enkele pyl afgeskiet is. Dié wat gevang is, is almal saam gevang toe hulle ver weg gevlug het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al jou •aanvoerders het saam gevlug, sonder boog is hulle gevang. Almal van jou wat gevind is, wat lankal reeds gevlug het, is saam gevang.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jou leiers het almal gevlug. Hulle het nie oorlog gemaak nie, maar die vyande het hulle gevang. Die vyande het al jou mense gevang, daar ver waar hulle weggevlug het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle leiers het soos een man gevlug en oorgegee sonder om weerstand te bied. Party het probeer vlug, maar hulle het nie ver gekom voordat hulle ook gevang is nie.