Isaiah 22:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal die spyker wat in die vaste plek vasgemaak is, verwyder en afgekap word en val; en die las wat daarop was, moet afgesny word, want die HERE het dit gespreek.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here, die Almagtige, sê: “Dan trek Ek die tentpen wat so diep ingeslaan was uit. Dit sal loskom en val. Alles wat daarop gesteun het, sal ook val. Die Here het gepraat!”
Afrikaans 1933/1953 In die dag, spreek die HERE van die leërskare, sal die pen padgee wat in 'n vaste plek ingeslaan is: dit word afgebreek en val, en die drag goed wat daaraan hang, raak tot niet, want die HERE het dit gespreek.
Afrikaans 1983 sê die Here die Almagtige, sal die spyker wat goed ingeslaan is, ingee; dit sal afbreek en val, en die vrag wat daaraan gehang het, sal tot niet gaan. Die Here het dit gesê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Op daardie dag,” is die uitspraak van die Here, Heerser oor alle magte, “sal die pen wat op 'n stewige plek ingeslaan is, meegee. Dit sal losbreek en val. Die las wat daaraan was, sal vernietig word, want die Here het gespreek.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar dan breek die stok, en alles wat daaraan gehang het, val op die grond.’ Dit het die Here gesê, die Here wat oor alles regeer.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarom, so sê die Here die Almagtige, kom daar ’n dag wanneer hierdie stewige pen net sal ingee, dit sal afbreek en val en alles wat daaraan gehang het, sal saam val en stukkend breek. Die Here het dit gesê.