Isaiah 22:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sal al die heerlikheid van sy vader se huis aan hom ophang, die nageslag en die vloeiing, al die klein voorwerpe, van die bekers af tot al die voorwerpe van die vaandels.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal groot verantwoordelikhede hê, en hy sal eer bring vir selfs die geringste van sy familie.’”
Afrikaans 1933/1953 En hulle sal aan hom ophang die hele swaarte van die huis van sy vader, die spruite en die wilde lote, al die klein huisraad, van komme af tot allerhande kruike toe.
Afrikaans 1983 Maar wanneer die trots van sy hele familie, sy nageslag en sy veraf familie, selfs van die geringes onder hulle, aan hom hang soos kombuisgereedskap aan 'n spyker,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Hulle sal die volle gewig van sy familie daaraan ophang: die spruite en lote, en al die kleiner houers, van die bakkies af tot by al die kruike.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar sy hele familie sal wil hê dat hy moet sorg vir hulle almal, vir die kinders en vir die grootmense. Dit sal wees soos wanneer jy al die potte en panne ophang aan die stok.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar die las en die druk van sy familie sal net te veel word vir hom. Hy sal soos ’n haak wees waaraan daar te veel swaar goed hang. Die een of ander tyd moet dit ingee.