Isaiah 22:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal hom jou kleed aantrek en hom versterk met jou gordel, en Ek sal jou heerskappy in sy hand oorgee, en hy sal 'n vader wees vir die inwoners van Jerusalem en vir die huis van Juda.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy sal jou ampsklere dra, en jou titel en jou gesag hê. Hy sal ’n pa wees vir die mense van Jerusalem en Juda.
Afrikaans 1933/1953 en Ek sal hom jou gewaad aantrek en hom gord met jou gordel, en jou mag sal Ek in sy hand lê, en hy sal vir die inwoners van Jerusalem en vir die huis van Juda 'n vader wees.
Afrikaans 1983 Ek sal jou ampskleed vir hom aantrek, jou serp vir hom omhang en die gesag wat jy nou het, vir hom gee. Hý sal vir die mense van Jerusalem en vir die inwoners van Juda 'n vader wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal jou bokleed vir hom aantrek, met jou lyfserp sal Ek hom versterk, jou gesag aan hom oordra. Hy sal 'n vader word vir die inwoners van Jerusalem en vir die huis van Juda.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sal jou rok vat en Ek sal dit vir hom aantrek en jou nekdoek om hom vasmaak en Ek sal jou werk vir hom gee. Hy sal soos 'n pa wees vir die mense van Jerusalem en Juda.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy sal jou ampsklere dra, jou titel kry en die gesag hê wat jy gehad het. Omdat hy hulle belange op die hart dra en hulle versorg, sal hy vir die inwoners van Jerusalem en Juda ’n vaderfiguur wees.