Isaiah 22:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy sal sekerlik met geweld omdraai en jou soos 'n bal in 'n groot land gooi: daar sal jy sterwe, en daar sal die strydwaens van jou heerlikheid die skande wees van die huis van jou heer.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy gaan jou soos ’n bal heen en weer gooi en jou dan weggooi in ’n ver, verlate land. Daar sal jy doodgaan en daar sal die strydwaens waarmee jy so gespog het, stukkend en nutteloos lê. Jy is ’n skande vir jou koning!
Afrikaans 1933/1953 jou vas inmekaar draai soos 'n tol garing, jou soos 'n bal wegslinger na 'n land wat alkante toe wyd is; daar sal jy sterwe, en daar sal jou pronkwaens wees, o skandvlek van die huis van jou heer!
Afrikaans 1983 Hy sal jou styf toerol soos 'n mens 'n mummie toerol en jou weggooi in 'n groot land. Dáár sal jy sterf, daar by jou strydwaens waarmee jy so spog, jy wat 'n skande is vir jou koning!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) jou in 'n bondel, soos 'n bal, kragtig wegslinger na 'n land wat wyd uitstrek na alle kante. Daar sal jy sterf; daar sal jou roemryke strydwaens wees – die skande van die huis van jou heer!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ***
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna sal die Here jou in ’n klein balletjie rol en jou ver weggooi tot in ’n droë, uitgestrekte land. Daar sal jy doodgaan en al jou pragtige koetse waarop jy so trots is, sal nutteloos en stukkend daar bly staan, want jy het jou koning in die skande gesteek.