Isaiah 22:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, die HERE sal jou wegvoer in 'n geweldige gevangenskap, en Hy sal jou sekerlik oordek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here is op die punt om jou te gryp en ver weg te gooi. Hy gaan jou in ballingskap wegstuur, jou verwaande vent! |
| Afrikaans 1933/1953 | Kyk, die HERE sal jou wegslinger, soos 'n man iets wegslinger, en jou vas inmekaar rol, |
| Afrikaans 1983 | Die Here sal jou weggooi, Hy sal jou ver weggooi, jou verwaande vent, en jou behoorlik toepak! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ ‘Kyk, die Here gaan jou, manhaftige man, baie ver wegwerp. Hy gaan jou stewig toedraai, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | [17-18] maar almal in die paleis van jou koning is skaam oor wat jy doen. Die Here sal jou nou weggooi, ver weg. Hy sal jou gryp en Hy sal jou rol totdat jy 'n ronde bol is. Dan sal Hy jou rol tot in 'n ver land, en daar sal jy sterf. Jy is trots op jou oorlogkarre, maar die vyande sal hulle verwoes. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy mag dink jy is belangrik, maar die Here gaan jou gryp en jou uitskud soos ’n mens klere uitskud om ’n luis daaruit te kry. |