Isaiah 22:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat het jy hier? en wie het jy hier, dat jy hier vir jou 'n graf uitgekap het, soos hy wat vir hom 'n graf in die hoogte uitkap en vir hom 'n woning in 'n rots uitkap?
Afrikaans (NLV) 2011 ‘Wat dink jy, wie is jy? Jy bou vir jou ’n pragtige graf in die rots teen die hoogte.
Afrikaans 1933/1953 Wat het jy hier, en wie het jy hier, dat jy vir jou hier 'n graf uitgekap het soos een wat in die hoogte sy graf uitkap, wat in die rots vir hom 'n woning uithol?
Afrikaans 1983 Wat maak jy hier? Wie dink jy is jy dat jy hier vir jou 'n graf bou, 'n graf hier teen die hoogte soos dié van 'n koning, soos een wat vir hom 'n blyplek in die rots gereed maak?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ‘Wat maak jy hier? Wie van jou mense is hier, dat jy hier vir jou 'n graf uitgekap het?’ ” Hy was besig om op 'n hoë plek sy graf uit te kap, om in die rots vir hom 'n tuiste uit te beitel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ‘Wat doen jy hier? Nie een van jou mense het hier 'n graf nie, maar jy kap vir jouself 'n graf hier hoog in die rots. Jy verbeel jou jy is belangrik,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wie dink jy is jy? Wie het jou die reg gegee om vir jou ’n graf hier in die rotse te laat uitkap tussen die konings se grafte?