Isaiah 22:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | So sê die HERE HERE van die leërskare: Gaan, gaan na hierdie skatmeester, tot by Sebna wat oor die huis is, en sê: |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So sê die oppermagtige Here, die Almagtige: “Gaan sê vir Sebna, die administrateur van die paleis: |
| Afrikaans 1933/1953 | So sê die Here, die HERE van die leërskare: Kom, gaan in by daardie bestuurder, by Sebna, wat oor die paleis aangestel is, en sê: |
| Afrikaans 1983 | Die Here my God, die Almagtige, het vir my gesê: Gaan na daardie hoë amptenaar, na Sebna toe, wat in beheer is van die paleis, en sê vir hom: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So sê my Heer, die Here, Heerser oor alle magte: “Gaan na daardie versorger, na Sebna, hoof van die hofhouding, en vra hom, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, die Here wat oor alles regeer, het gesê: “Jy moet na Sebna toe gaan. Hy is die belangrike amptenaar wat moet kyk dat alles in die paleis van die koning goed gaan. Jy moet vir hom sê: |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here, die Almagtige, het my die opdrag gegee om Sebna, die paleisbestuurder, met die volgende boodskap te konfronteer: |