Isaiah 22:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit is in my ore geopenbaar deur die HERE van die leërskare: Waarlik, hierdie ongeregtigheid sal van julle nie uitgewis word totdat julle sterwe nie, spreek die HERE HERE van die leërskare. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here, die Almagtige, het aan my gewys: “Hierdie sonde van hulle sal tot die dag van hulle dood nie vergewe word nie.” So sê die oppermagtige Here, die Almagtige. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die HERE van die leërskare het Hom in my ore geopenbaar en gesê: Waarlik, hierdie ongeregtigheid word vir julle nie versoen totdat julle sterwe nie! sê die Here, die HERE van die leërskare. |
| Afrikaans 1983 | Die Here die Almagtige het aan my bekend gemaak: Hierdie sonde sal julle tot die dag van julle dood toe nie vergewe word nie. Dit het die Here my God, die Almagtige, gesê. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here, Heerser oor alle magte, het Hom aan my geopenbaar terwyl ek luister. “Vir hierdie sondeskuld sal nie vir julle versoening gedoen word totdat julle sterf nie,” het die Here, Heerser oor alle magte, gesê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here wat oor alles regeer, het vir my gesê: “Ek sal hierdie sonde nie vergewe nie, so lank soos hulle lewe.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here die Almagtige het persoonlik vir my gesê dat Hy hierdie sonde nooit sal vergewe so lank as wat julle leef nie. Dit het die Here die Almagtige gesê. |