Isaiah 22:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En kyk, daar is blydskap en blydskap, wat beeste slag en skape slag, vleis eet en wyn drink; laat ons eet en drink; want môre sal ons sterwe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar in plaas daarvan dans en speel julle! Julle slag offerdiere, eet vleis en drink wyn. “Laat ons eet en drink, en vrolik wees,” sê julle. “Wat maak dit saak, want môre is ons in elk geval dood!” |
| Afrikaans 1933/1953 | maar kyk, daar is vreugde en vrolikheid, beeste word doodgemaak en skape geslag, vleis geëet en wyn gedrink, met die woorde: Laat ons eet en drink, want môre sterf ons. |
| Afrikaans 1983 | Maar nou is julle nog vrolik en plesierig, julle slag beeste en kleinvee, julle eet vleis en julle drink wyn, julle sê: “Laat ons eet en drink, want môre is ons dood.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar kyk, daar is vreugde en blydskap: “Laat ons beeste doodmaak en kleinvee slag, vleis eet en wyn drink! Laat ons eet en drink, want môre sterf ons! ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar hulle was vrolik en bly, hulle het beeste en skape geslag, hulle het vleis geëet en wyn gedrink. Hulle het gesê: “Kom ons eet en drink, want môre sterf ons.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar julle, wat doen julle? Julle dans en speel en slag beeste en skape vir die fees. “Kom ons eet en drink en wees vrolik,” sê julle, “want môre is ons dood!” |