Isaiah 22:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in dié dag het die HERE HERE van die leërskare geroep tot geween en tot rou en tot kaalheid en tot omgord met rouklere.
Afrikaans (NLV) 2011 Die oppermagtige Here, die Almagtige, het julle geroep om te huil en te rou. Hy het gesê dat julle julle koppe kaal moet skeer soos julle rou oor julle sondes, dat julle klere van sak moet dra om te wys julle het berou.
Afrikaans 1933/1953 En in die dag roep die Here, die HERE van die leërskare, tot geween en tot rouklag en tot kaalskering en tot omgording van die roukleed;
Afrikaans 1983 Daardie dag sal die Here my God, die Almagtige, julle roep om te huil en te treur, om julle koppe kaal te skeer en om rouklere aan te trek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) My Heer, die Here, Heerser oor alle magte, het op daardie dag 'n oproep gedoen tot 'n gehuil, tot roubeklag, tot die kaal skeer van koppe en die aangord van rouklere.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here wat oor alles regeer, wou daardie dag hê dat hulle moet huil en treur, dat hulle almal hulle hare en baarde moet afskeer en rouklere moet aantrek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit was die almagtige Here se manier om julle op te roep om te huil en te treur. Hy wou hê julle moet julle koppe kaal skeer as ’n teken van hartseer oor julle sonde en julle moet sakke aantrek om julle berou te wys.