Isaiah 22:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Julle het ook 'n sloot tussen die twee mure gemaak vir die water van die ou dam, maar julle het nie gekyk na die maker daarvan nie, en ook nie na hom wat dit lank gelede gevorm het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Tussen die stadsmure bou julle ’n opgaarpoel vir water uit die ou poel. Maar al julle koorsagtige planne sal niks help, want julle raadpleeg nie vir God wat dit alles gemaak het nie. Julle eer Hom nie wat dit alles lank terug beplan het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En julle maak 'n dam tussen die twee mure vir die water van die Ou Dam; maar julle kyk nie na Hom wat dit gedoen het nie, en Hom wat dit lankal beskik het, sien julle nie. |
| Afrikaans 1983 | en julle sal 'n dam tussen die mure bou vir die water van die ou kanaal. Julle het nie geluister na Hom wat die stad gemaak het nie, julle het Hom wat dit lank gelede gestig het, nie gehoorsaam nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Opgaardam maak julle tussen die twee stadsmure vir die water van die ou dam. Maar julle kyk nie met vertroue na Hom wat die stad gemaak het nie; en Hom wat haar gevorm het in die verre verlede, sien julle nie raak nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en hulle het 'n dam gemaak tussen die twee mure van die stad. Die water van die ou dam het in hierdie dam gevloei. Maar hulle het nie vir God gevra om hulle te help nie, God wat dit alles laat gebeur het, Hy wat lank gelede besluit het dat dit so moet wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle het ’n opgaardam in die stad gebou om die water van die ou fontein in op te gaar. Maar julle het nie daaraan gedink om tussen alles deur die Here se hulp te vra nie. Hy is al een wat sou kon help, want Hy het alles lank tevore reeds beplan. |